Noord-Korea gaan weekliks kerntoetse doen

Terwyl verskeie lande die Amerikaners gemaan het tot groter kalmte oor die krisis in Noord-Korea, het die kommunistiese leier die Trump administrasie verder uitgelok deur aan te dui dat weeklikse kernwapen toetse uitgevoer gaan word.

Die uitdagende houding van Kim Jong-Un het die spanning tussen Noord-Korea en die Verenigde State tot breekpunt gebring, en het minstens drie lande ingespring om die VSA tot kalmte te bring.

Die pogings van Amerika om met oorlogskepe nader aan die Koreaanse skiereiland te beweeg, het egter die kommuniste se uitdagende houding laat toeneem.

Kenners wys daarop dat die land wat eerste sou gebruik maak van militêre wapentuig, as die “skuldige” gesien sal word, terwyl internasionale veroordeling en toenemende spanning nie die Noord-Koreane sal laat afsien van hulle kernwapen program nie.

Noord-Korea se dreigende houding is ook nie die eerste geval nie, en het verlede jaar selfs gewaarsku dat hulle Suid-Korea en die VSA sal aanval.

Kommer heers tans dat Amerika militêr gaan reageer wanneer die Koreane ’n volgende missiel lanseer, wat kan lei tot ’n volskaalse oorlog.