Minister van Finansies se “mal” adviseur praat Ramaphosa taal

Die tesourie het homself gedistansieer van die uitlatings van prof. Chis Malikane, die ekonomiese adviseur vir die minister van finansies.

Hy het ‘n oproep gedoen dat banke, myne en versekeraars genasionaliseer moet word om  radikale ekonomiese transformasie aan te help. Volgens Malikane het die eerste fase van die demokratiese revolusie sy einde genader en sy aanbevelings is dus die volgende fase.

Tesourie het gemeld dat dit nie “noodwendig” die regering se beleid reflekteer nie en dat Malikane as “aktivis” die reg het om idees op die tafel te plaas.

Politieke ontleders meld dat Malikane eerder in sy lesinglokale moet bly ander kan sy “mal” idees die ekonomie skaad.  As daar na die Freedom Charter gekyk word is Malikane nie mal nie maar volg hy maar net die beleid van die ANC.

Minister Gigaba het intussen voor sy vertrek oorsee gesê dat hy met Malikane gepraat het oor sy uitlatings, sonder om te sê wat die uitkoms van die gesprek was.

Intussen het die ANC se adjunkpresident voor ‘n swart sakeforum gesê dat radikale ekonomiese transformasie kom, of mense daarvan hou of nie. (Sien verwante berig.)

Foto: Prof. Malikane