Le Pen stel immigrasie op die voorgrond

Gedurende Marine Le Pen se suksesvolle veldtog het sy verskeie aktuele onderwerpe aangeraak in haar toesprake, maar in Parys het sy die klem laat val op die immigrasie krisis en volgens opnames, daarmee haar ondersteuningsbasis verder vergroot..

Le Pen se veldtog bestuurder, David Rachline, het die reuse vergadering van die vorige aand in woorde probeer omsit toe hy gesê het “watter onvergeetlike belewenis was dit nie”.

Die toespraak van Le Pen is deur die media beskryf as die “hardste aanslag” teen die land se immigrasie beleid, en daarmee het sy ook nuwe hoop gegee aan duisend inwoners van Parys.

“Die huidige immigrasiebeleid het ons land verander tot ’n onherkenbare plek waarin ons moet woon”, het sy onder luide toejuiging gesê.

“Hierdie immigrante kom elke dag die land binne om hier te kom lewe asof hulle tuis in hulle land is, en dit met klere wat hulle dink hulle kan op ons kom afdruk”.

“Islamiete gaan weg uit Frankryk”, het ’n koor van toehoorders geskree…

Sy het die skare op hulle voete gehad met haar oproep om so te stem dat “ons in vadersnaam Frankryk kan terugkry”.

Foto – Marine Le Pen