Korrupsie in Brasilië eis hoë tol

Die besluit om ’n Brasiliaanse korporasie swaar te beboet weens beweerde korrupsie, het die politieke arena verander, en president Michael Temer verwag dat minstens een derde van sy kabinet hulle bedankings gaan inhandig.

’n Prokureursgroep wat in New York gestasioneer is, het ’n klag gelê teen die Odebrecht konstruksie maatskappy waarin $2,6 miljard genoem word as deel van die korrupsie wat gepleeg is.

Dit vorm klaarblyklik deel van die petrochemiese maatskappy se veelbesproke korrupsie skandaal waarby verskeie regeringslui betrokke is.

Petrobras is die land se grootste oliemaatskappy, en meer as ’n 100 invloedryke politici  is betrokke by die skandaal. Die maatskappy het skuldig gepleit in ’n hofgeding, en het swaar boetes gekry oor $788 miljoen wat aan persone in 12 lande betaal is.

Die president het gesê die verwagting is dat talle ministers ongemaklik sal voel om aan te bly in hulle ampte, en hy verwag ’n reeks bedankings.

Foto – President Michael Temer