Koop en huur Amerikaans

In nog ’n stap om uitvoering te gee aan verkiesingsbeloftes, het president Donald Trump van Amerika die nuwe dekreet onderteken wat bekendstaan vir die bevordering van ondersteuning aan Amerika.

Sy verkiesingsbelofte om “Amerika weer groot en sterk” te maak word onder meer in die dekreet ondervang deur aan te moedig dat Amerikaners hulle land finansieel moet ondersteun deur Amerikaanse goedere te koop en te huur.

Dit behels dat Amerikaanse produkte by voorkeur gekoop moet word en Amerikaners die eerste ’n werksgeleentheid moet kry.

Die dekreet word gesien as ’n sterk regulering wat onder meer die staatsinstellings “verplig” om Amerikaans te koop en te huur.

Trump beoog ook om ’n einde te maak aan die beleid om visum voorkeure te bied aan goed gekwalifiseerde buitelanders wat tydelik in die VSA gaan werk.

Verskeie ander maatreëls word ook getref om uitvoering te gee aan die president se verkiesingsbelofte van “Amerika eerste”.