Kaapstad se raad het geld om te mors

Die DA-beheerde stadsraad van Kaapstad beplan om ‘n standbeeld van die eens veroordeelde terroris en latere president, Nelson Mandela, op te rig teen ‘n beraamde koste van R3,5 miljoen terwyl ‘n permanente uitstalling in die stadsaal gaan plaasvind teen ‘n verdere R1,3 miljoen.

Dit gebeur terwyl daar byna daagliks betogings is in Kaapstad se informele nedersettings en treine uitgebrand word omdat inwoners ontevrede is met die stad en provinsie se dienslewering.

Intussen het die Palestyne onlangs ‘n standbeeld van Mandela onthul by hul Wes Bank stad. Die standbeeld van 2 ton is geskenk deur die stadsraad van Johannesburg.  Mandela was ‘n stoere ondersteuner van die Palestynse terroriste beweging