Kaapse water kritiek

Die droogte in die Wes Kaap stuur op ‘n ernstige krisis af.

Volgens berekeninge het Kaapstad slegs genoeg water vir 99 dae, wat bykans 3,7 miljoen mense raak.

Damme se vlak het tot onder 15% gedaal en boorgate word tans in die Tafelberg omgewing geboor om die situasie te verlig.

Intussen het skaapboere in die Namakwaland distrik ook probleme aangesien dit tyd is vir ooie om te lam terwyl weiding bykans nie meer bestaan nie.