Ivanka Trump besoek Kanselier Merkel

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland het tydens haar besoek aan president Trump, ’n amptelike uitnodiging gerig aan Ivanka Trump om besoek te bring aan Duitsland.

Die uitnodiging is gerig met die doel dat Ivanka toesprake sal hou om die vroue geslag se belangrikheid te promoveer.

Ivanka het intussen aangekondig dat sy die uitnodiging aanvaar en besoek sal bring gedurende April om ’n belangrike byeenkoms toe te spreek op 25 April.

Ivanka is waarskynlik die bekendste van al president Trump se kinders, en sy bedryf ’n suksesvolle modeontwerpers onderneming wat regoor Amerika in boetieks aangebied word.

Sy word hoog aangeprys in die media as ’n suksesvolle sakevrou en is tans ook ’n adviseur van president Donald Trump.

Sy het kort na haar aankondiging gesê sy sien uit daarna om die rol van die vrou in die ekonomiese wêreld verder te bevorder.

Foto – Ivanka Trump