Ivanka klerereeks nou in Australië

Terwyl ’n groot maatskappy in Amerika besluit het om nie die Ivanka Trump modelreeks damesklere verder te bemark nie, het honderde kleiner winkels begin om die gewilde reeks klere aan hulle kliënte te bied, en het die reeks se omset dramaties gestyg.

Nou het ’n sakeonderneming, TK Maxx, 35 klerewinkels geopen met die Ivanka modelreeks wat die verkope verder stimuleer.

Die modebewuste Australiese dames is entoesiasties oor die nuwe reeks wat beskikbaar is, en dit blyk asof TK Maxx goeie sake kan verwag.

Intussen het Bondskanselier Angela Merkel die “Eerste Dogter” van Amerika genooi om dames in Duitsland te motiveer om op ekonomiese gebied betrokke te raak, maar politieke ontleders meen dit is Merkel se poging om nasionaliste te werf vir die komende verkiesing in September.

Modebewuste dames in Suid-Afrika is glo besig met ondersoeke om die gewilde klerereeks in uitsoek modewinkels gevestig te kry.

Foto – Ivanka Trump