Iran gereed vir Mei-verkiesing

Die vorige president van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, het aangekondig dat hy te midde van ’n opperleier se vermaning, gereed is as kandidaat in die verkiesing wat in Mei gehou word.

Mahmoud Ahmadinejad het die kiesers van Iran hewig ontstel met sy onverwagse aankondiging waartydens hy homself op die voorgrond geplaas het om aan die verkiesing deel te neem as presidentskandidaat.

Dit is egter nog onduidelik of die voormalige president wel as kandidaat beskikbaar sal wees, al het hy reeds die nodige administratiewe formaliteite afgehandel.

Indien hy wel tot die stryd toetree, benadeel dit die kanse van die huidige opperleiers, en maak dit die moontlikheid vir ’n oorwinning deur die regerende Hassan Rouhani veel makliker.

Ahmadinejad het vir twee termyne van vier jaar elk gedien as president, en politieke ontleders meen die veldtog om die presidentskap kan lei tot groot onmin onder die leierskorps in die land.

Die verkiesing kan ook ’n nuwe wending inlui met internasionale verhoudinge en veral met die Amerikaanse regering.

Foto – Mahmoud Ahmadinejad