Het Guptas eie rassistiese weermag?

Die Black First Land First (BFLF) beweging, wat berug is vir hulle onverdraagsaamheid teenoor blankes, is skynbaar besig om hulle te omvorm in ‘n soort private weermag vir die omstrede Gupta familie.

Die het geblyk die naweek toe ‘n handjievol mense vreedsaam voor die Gupta-huis in Saxonwold betoog het, en ‘n aantal BFLF ondersteuners met taxi’s daar opgedaag het en die mense gewelddadig probeer verjaag het. In die proses het die BFLF mense gesê dat witmense geen regte in die land het nie.

Skynbaar is BFLF deur die Guptas ontbied om die betogers te verjaag.