Frauke Petry nie AFD kandidaat

Vir duisende ondersteuners van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) is dr. Frauke Petry die simbool van Duitsland se “herwinning van Duitsland vir die Duitse volk”.

Sy het egter aangekondig dat sy nie as kandidaat sal meeding in die Duitse algemene verkiesing van September nie.

Die aankondiging het nie as ’n verrassing gekom nie, want sy is reeds etlike maande swanger en verwag haar vyfde baba.

Sy het die aankondiging gedoen om die spekulasie te beëindig en die AFD die geleentheid te bied om sy kandidaat aan te wys gedurende die komende konferensie van die party.

Duitsland se verkiesing vind plaas op 24 September, en die verwagting is dat Bondskanselier Angela Merkel met ’n kleiner meerderheid herkies sal word.

Foto – Dr. Frauke Petry