Franse verkiesingsveldtog gelaai met spanning

Met enkele dae wat oor is voor die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing gehou word, is die spanning aan die oplaai onder die elf kandidate en die Franse kieserskorps.

Met meningspeilings wat steeds toon dat Marine Le Pen die meeste steun geniet, het sy haar program ingestel om Parys as die belangrikste stad te gebruik om haar steun te versterk,

Te midde van linkse propaganda teen haar, en oproepe tot die kiesers van Parys om protes optogte te hou teen haar, gaan Marine Le Pen onwrikbaar voort as die leier van die grootste politieke party in Frankryk.

Le Pen het ’n program waarvolgens byeenkomste Vrydagaand tot ’n hoogtepunt van haar verkiesingsveldtog gelei word.

Haar grootste teenstander, die onafhanklike sosialis, Emmanuel Macron het self ook die hoofstad as finale sentrum vir sy verkiesingsveldtog geoormerk.

Meningsvormers sê die uitslag is nie werklik voorspelbaar nie, veral weens die besluitloosheid van meer as 30% van die kiesers wat nog na enige kant kan gaan omdat hulle nog nie weet na watter kant om te beweeg nie.

Die media doen alles in hulle vermoë om kiesers te ontmoedig om vir Le Pen te stem, en hou vol dat sy slegs in die eerste rondte van die verkiesing kan wen, maar in die tweede rondte kwalik 35% steun sal kry.

Foto – Emmanuel Macron en Marine Le Pen