Finansminister se raadgewer bepleit nasionalisering

Die nuut aangestelde raadgewer van die nuut aangestelde minister van finansies, prof Chris Malikane.

Hy het ‘n artikel geskryf onder die opskrif “Ons kans om die revolusie te voltooi”, en daarin bepleit hy openlik dat banke genasionaliseer moet word, saam met myne en versekeringsmaatskappye.  Hy glo ook dat alle grond onteien moet word sonder enige vergoeding aan die eienaars.

Hierdie uitsprake gaan beleggers nog verder afskrik, nadat die land reeds tot rommelstatus verklaar is deur twee graderingsmaatskappye.