Durban lugmonitors buite werking

Dit het aan die lig gekom dat nege lug moniteringstasies in Durban nie in werking is nie en kan daar nie bepaal word of die lug besoedel is al dan nie.

Volgens ‘n verslag word al 14 lugstasies beman wat beteken dat die nege wat buite werking is met volle personeel sit wat geen werk doen nie.

Meer as R2,3 miljoen is deur die stadsraad spandeer om die stasies te herstel maar soos gemeld is nege van die veertien stasies nie in werking nie.

Geen verslag oor lugbesoedeling in die Durban omgewing is ingedien sedert 2013 nie .

‘n Woordvoerder van die raad skryf die toestand van sake toe aan diefstal, slytasie en vandalisme, maar versuim om te meld dat onbevoegde amptenare dalk die grootste rede is vir die toedrag van sake.