Australië tree op ten Noord-Korea

Australië se minister van buitelandse sake, Julie Bishop, het aangekondig dat die land strenger sanksies instel teen Noord Korea.

Die aankondiging kom te midde van die groter spanning tussen die kommunistiese staat en Amerika weens die kernwapen program wat die skiereiland se kommuniste najaag.

Die minister sê sy is by magte om die aankondiging te maak oor strenger sanksies nadat konsultasie met die Australiese Departement van Buitelandse Sake en Handel gevoer is.

Bishop, wat haar aankondiging gedoen het terwyl sy in Tokio is, sê die sanksies word op so ’n wyse toegepas dat dit ’n sterk boodskap aan Noord-Korea stuur.

Sy het bevestig dat Australië die Trump-administrasie se aankondiging steun om ’n einde te bring aan Noord-Korea se kernwapen program.

“Die moontlikheid van ’n kernwapen arsenaal in Noord-Korea is nie in belang van Australië en ook nie in belang van Sjina nie”, het minister Bishop gesê.

Foto – Minister Julie Bishop