Afrikaans weer in howe onder skoot

Ondanks die terugkrabbeling vanuit die hoofregter se kantoor, blyk dit duidelik dat Afrikaans weer eens onder skoot is in die land se howe.

‘n Engelse Sondagkoerant het onthul dat die doodsklok vir Afrikaans in die howe lui, met die besluit deur die hoofregter dat alle verslae voortaan in Engels moet wees.

Daar word nou gerusstellende geluide deur die hoofregter se kantoor gemaak dat Afrikaans steeds gebruik kan word in getuienis, aangesien die tolkstelsel nie verander nie.

Die enigste rede waarom verslae nou in Engels sou moet wees, is omdat die vertaalwerk sal uitskakel en sodoende koste bespaar in geval daar ‘n appél sou plaasvind.