Plaasmoorde raak al hoe wreder

 

Niks is oënskynlik gesteel toe die 54-jarige mnr. Frikkie Liebenberg op sy plaas naby Bronkhorstspruit vermoor is.

Mnr. Liebenberg is in die rug geskiet, en daar is tans ‘n meningsverskil tussen die polisie en van die omgewing se boere. Die polisie beweer mnr. Liebenberg is deur die venster geskiet, terwyl van die boere wat die toneel besoek het, stellig is daaroor dat die moordenaars in die huis was.

Waar die polisie gewoonlik haastig is om te verklaar dat roof die motief vir plaasmoorde is, sit hulle in hierdie geval met die hand in die hare.

Dit is trouens ook die geval met die 64-jarige mev. Nicci Simpson van Kalbasfontein.  Dié weduwee is ure lank in haar huis gemartel, nadat die terroriste haar honde doodgeskiet het.  Tydens die gruwelike marteling het hulle haar knie morsaf geskop, haar met ‘n strykyster gebrand en haar voete met ‘n elektriese boor deurboor.  Daarbenewens het hulle gedreig om haar bene met ‘n hoekslyper af te sny en haar pols is ook amper afgesny.

Die terroriste is wel met haar voertuig weg, maar kenners is dit eens dat roof nie die motief kan wees vir sodanige marteling nie.

Dit word deur mev. Simpson bevestig.  Sy sê die leier van die groep was die “aggressiewe een met haat in sy oë”.

Nietemin het sy besluit om terug te gaan na haar plaas, maar sy maan mense om wakker te word omdat aanvallers toeslaan wanneer ’n mens dit die minste verwag. “Daar is ’n verrassingselement wat met plaasaanvalle gepaardgaan.”

Intussen is die bestuurder van ’n plaas buite Paarl besig om aan te sterk in ’n hospitaal aan nadat hy deur plaaswerkers aangerand is.

Foto: Mev. Nicci Simpson