Gesonde Woensdagaand lekkerny

Smaakvolle visbobotie vir Woensdagaand. Sommer ‘n gesonde ete met slaai. Resep is voldoende vir 6 persone.

 

Bestanddele:

750 gr gaar wit vis, gevlok

2 snye vars brood

250 ml volroommelk

2 uie gekap

Klein bietjie olie

15 ml suurlemoensap

10 ml matige kerriepoeier

2,5 ml borrie

60 ml rosyne

Sout en gemaalde swartpeper na smaak

2 eiers, geklits

 

Metode:

Stel oond op 180ºC.

Week die brood in die melk.

Soteer uie in die olie tot sag.

Roer suurlemoensap, kerrie, borrie en rosyntjies by.

Geur met sout en peper en kook vir 1 minuut.

Roer die gevlokte vis by.

Druk melk uit brood, behou die melk en meng die brood met die vismengsel goed.

Skep die vismengsel in gesmeerde oondbak.

Klits eiers en oorblywende melk en giet oor die vismengsel.

Bak vir 35 minute of tot gaar.

Sit voor met slaai van jou keuse of indien verkies met rys.

 

Heerlik en gesond.