Blankes moet nog meer opoffer

Blankes moet nog meer opoffer en nog verder ekonomies seerkry.

Dis die kern van die boodskap na afloop van die ANC se NUK-vergadering die afgelope naweek.

Na afloop van dié vergadering het die voorsitter van die subkomitee vir strategie en taktiek, Nathi Mthethwa, weer eens die rassekaart uitgehaal en wit Suid-Afrikaners daarvan beskuldig dat hulle nie behoorlik hulle kant gebring het vir sogenaamde “versoening in die demokratiese bestel ná 1994 nie”.

Volgens Mthethwa was die oorgang na 1994 vol kompromieë.  Hy sê dit gaan oor politieke bevryding en dat daar geleenthede geskep word om die historiese ongeregtighede reg te stel.

Hy beskou die houding van sommige wit landgenote as problematies, maar negeer gerieflikheidshalwe die houding van talle swart landgenote wat blankes uitmoor, en skree “een setlaar, een koeël”

Mthethwa het gesê nasiebou gaan nie gebeur as die ware kwessie van ekonomiese ongeregtighede nie aangespreek word nie, bedoelende dat die ANC se radikale ekonomiese transformasie die werkende blanke deel van die bevolking verder moet verarm.