ANC-bewind sit agter Boere-volksmoord

Tydens die onlangse parlementêre debat oor plaasmoorde is daar weer eens direkte bewys gelewer dat die ANC-regering self agter volksmoord teen die Boerevolk sit.

Dit is die mening van mnr. Paul Kruger, voorsitter van die sentrale komitee van die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK).

In ‘n verklaring wys mnr. Kruger daarop dat Terror Lekota, ‘n voormalige ANC-leiersfiguur, tydens die debat verklaar het dat parlementslede soos Zuma se uitsprake (byvoorbeeld oor Blanke grondbesit) die primêre bron van die plaasmoord-probleem is.  “Die ANC adjunkminister van Hoër Onderwys, M. Manana, het tydens die debat geskreeu dat boere lewendig begrawe moet word. Vele van sy partygenote het hulle openlike minagting vir Boerelewens op ander maniere tot uiting gebring; en daarmee duidelik die groen lig gegee dat die slagting kan voortgaan,” sê mnr. Kruger.

Mnr. Kruger het reeds in 2011 namens verskeie organisasies ‘n klag van volksmoord (“Genocide”) gelê by die Internasionale Strafhof in Den Haag teen die regering van Suid-Afrika en die ANC gelê. Dié hof het egter twee jaar later geantwoord dat dit nie “…voorkom of dit voldoen aan die definisie van Volksmoord nie” – ondanks die feit dat die President van Suid-Afrika, J. Zuma, in Januarie 2012 die kreet aangehef het: “Ons gaan hulle skiet…hulle gaan hardloop…Jy is ‘n Boer…Skiet die Boer…die Kabinet sal hulle skiet…

Die Volksraad het reeds die onwrikbare eis vir onafhanklikheid in ‘n eie vaderland aan die regering en die internasionale gemeenskap gekommunikeer. “Sou die internasionale gemeenskap die Volksraad se pogings tot vreedsame skikking ignoreer tot 31 Mei 2017, soos wat die Internasionale Strafhof dit gedoen het aangaande volksmoord teen die Boer, sal die VVK ons mense tot dringende volksvergaderings landwyd oproep om oor die pad vorentoe te besluit. Intussen moet alle vryheidsgesinde volksgenote dringend as kiesers by die VVK registreer, om daardie kritiese volksdemokratiese besluit te help neem,” lui die VVK se verklaring.