Afrikaanse Taalverenigings

Daar bestaan verskeie Afrikaanse taalverenigings wat daarop aanspraak maak dat hulle ‘n stryd aanknoop vir die voortbestaan en ontwikkeling van Afrikaans. Dit klink edel en moet allerweë verwelkom word.

Die eerste vraag wat by egter opkom, is hoe doeltreffend tree hulle op?  Wat bereik hulle?  Mooi woorde moet in dade omskep word, anders is die vereniging of genootskap nutteloos.

Gedurende die eerste vyftig jaar nadat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het, het ‘n wonderwerk gebeur: die ontstaan van ‘n afsonderlike selfstandige taal, naamlik Afrikaans, het vorm begin aanneem. Dit was omdat die burgers doelgerig Afrikaans gepraat het en leiding van taalleiers ontvang het. Die eerste volledige geskrif is op 7 Augustus 1795 geskryf en daarna is dit met verskeie ander dokumente opgevolg.

Die eerste spelreëls vir Afrikaans is in 1874 deur ds. S J du Toit neergelê:

(a)  As algemene reël geld: Ons skryf soos ons praat.

(Dit het beteken suiwer Afrikaans praat, dog letters wat nie uitgespreek word nie, word weggelaat).

(b)  Z word vervang deur s en sch deur sk.

(c)  ‘n Klinker in ‘n oop lettergreep word nooit verdubbel nie, byvoorbeeld ja, jare.

(d)  Die onderskeid tussen die vier e-klanke word as volg aangedui; nè, sê of vêr, en gegé.

(e)  Oral waar ‘n klank weggeval het, moet dit aangedui word deur byvoorbeeld da’e, o’e.

Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. Hierdie genootskap het die regering aangevat en sukses behaal omdat hulle daadwerklik opgetree het.

Weer die vraag:  Wat doen en bereik vandag se taalverenigings?  Mooi woorde?