Wêreld Nuusflitse – 9 Januarie

Suid Afrika

Swaar reënneerslae in die opvang gebied van die Vaaldam gedurende die afgelope naweek hou die belofte in dat die dam se watervlak tot 60% kan styg.

 

Antarktika

Wetenskaplikes vrees vir die ergste dat ’n groot ysberg kan afskei wat die seewater vlak met tot 10 cm kan laat styg en die aarde se temperatuur verder kan laat styg. Intussen is bekendgemaak dat 2016 die aarde se warmste jaar ooit gewees het.

 

VSA

Michelle Obama het haar afskeidstoespraak gelewer voor skoliere as deel van haar projek om leerlinge te motiveer om verder te studeer, en het uiteindelik in trane uitgebars terwyl sy haar toespraak lewer.

 

Oekraïne

Die korrupte regering van die Oekraïne het die land se grootste bank, die Privaat Bank, genasionaliseer nadat die bank se twee eienaars die beleggers se geld gevat het om in ’n reuse sake bedryf te belê.

 

Frankryk

’n Passasiersbus met Portugese wat onderweg was na Switserland, het in ’n ongeluk beland en vier passasiers is gedood en 28 het ernstige beserings opgedoen.