Wêreld Nuusflitse – 6 Januarie

Brittanje

Die Britse regering het Tim Barrow, ’n gesoute onderhandelaar, aangewys as ambassadeur by die Europese Unie nadat Ivan Rogers onverwags uitgetree het en verskeie parlementslede gesê het Rogers se optrede toon hy is nie te vertrou nie.

 

Duitsland

Die regering van kanselier Angela Merkel kom onder skoot nadat dit bekend geword het dat duisende onwettige immigrante die regering dagvaar weens hul klaarblyklike  traagheid om registrasiedokumente tydig te verwerk.

 

Frankryk

’n Franse fietsryer van 105 jaar oud het ’n nuwe rekord opgestel vir fietsryers in die ouderdomsgroep bokant 100 jaar toe hy aan ’n fietsry kompetisie deelgeneem het buite die Franse hoofstad.