VSA kry nuwe Intelligensiehoof

Die verkose president van Amerika, Donald Trump, het aangekondig dat senator Dan Coats aangestel word as die direkteur van Nasionale Intelligensie.

Senator Coats was tydens die bewind van George W. Bush die Amerikaanse ambassadeur in Duitsland, en is bekend vir sy anti-Rusland benaderings.

Politieke kenners sê Donald Trump het met die aanstelling bewys dat die verlinkse media van Amerika weer verkeerd is met hulle moedswillige pogings om hom te etiketteer as ’n “groot vriend van president Poetin”.

Die afgetrede senator was ’n groot kritikus van Rusland na die Krim skiereiland se referendum waarna die streek afgeskei het van die Oekraïne.

Senator Coats (73) wat voorheen die deelstaat Indiana verteenwoordig het, was ook vroeër ook lid van die Republikeine se verteenwoordiging op die Senaat se Intelligensie en Gewapende Magte komitees.

Trump het die naweek in ’n verklaring gesê Senator Coats word aangestel om Amerika te beskerm teen vyandelike magte wat die land skade wil berokken.

Senator Coats sal die huidige hoof van Intelligensie, James Clapper, vervang en het sy benoeming verwelkom en onderneem om alles in sy vermoë te doen om die land te beveilig.

Trump het vroeër sy bedenkinge uitgespreek oor Clapper se rol aangesien die intelligensiediens erken het dat hulle baie werk het om te doen sodat die land beter beskerm sal wees.

Foto – Senator Dan Coats