VSA Intelligensie beskuldig Russe

Die hoof van die Amerikaanse Intelligensiediens het gesê hulle beskik oor sterk bewyse dat Rusland wel suksesvol ingebreek het op die presidentsverkiesing.

Die Russe was glo suksesvol om “die verkiesing te ontwrig”, maar erken dat daar nie gepeuter is met die stemmery wat ’n ander uitslag kon veroorsaak nie.

 Die Intelligensiediens se weiering om bewyse voor te lê, het Donald Trump nie oortuig van die bevinding nie, en trek dit steeds in twyfel.

Die Intelligensiediens beweer ook dat daar ingebreek is in die Demokratiese Party se rekenaar stelsels, maar sê nie wat die gevolge van die inbraak is nie.

’n Woordvoerder van die Intelligensiediens het op CNN nuus gesê die tegniese besonderhede kan nie bekend gemaak word nie, weens veiligheidsredes.

Op ’n vraag of dit beteken dat die Amerikaanse stelsel nie doeltreffend genoeg is om sulke voorvalle te voorkom nie, het hy erken dat daar baie werk is wat gedoen moet word om stelsels in die VSA te verbeter en te beveilig.

In ’n gesamentlike verklaring wat uitgereik is deur die uittredende Direkteur van Nasionale Intelligensie, James Clapper, asook Michael Rogers van Nasionale Veiligheid, en Marcel Lettre van Verdediging se veiligheid, word genoem dat “slegs Russiese mees senior beamptes” beskik oor die gesag om opdrag te gee dat so ’n operasie uitgevoer word.

Clapper het aan die Amerikaanse Senaat gesê die Russe het ’n lang geskiedenis van inmenging in verkiesings, maar geen melding gemaak van Hillary Clinton se inmenging in die verkiesing van Rusland nie.

Clapper tree uit as hoof van die Intelligensiediens sodra die Trump regering aan bewind gestel is.

Foto – James Clapper