VSA aangewese minister kry reuse goue handdruk

Die nuwe minister van Buitelandse Sake wat in die regering van Donald Trump sal dien, het sy bande met die oliemaatskappy, ExxonMobil, afgesluit as hoofuitvoerende beampte, met ’n pakket van $180 miljoen.

Die kontantuitbetaling aan hom vorm nie deel van die maandelikse pensioen wat hy sal ontvang nie.

Die oliemaatskappy het in ’n verklaring bekend gemaak dat Rex W. Tillerson, alle bande met die maatskappy verbreek om as minister van Buitelandse Sake in die Trump-regering te dien.

Tillerson word beskou as een van Amerika se beste onderhandelaars en word allerweë gesien as die beste aanstelling wat Trump kon doen vir die amp as minister van Buitelandse Sake.

Kenners wys daarop dat Tillerson ’n veel sterker minister sal wees as die huidige Kerry wat verskeie mislukkings op sy kerfstok het.

Foto – Rex Tillerson