Vrye Demokrate wil herrys in Duitsland

’n Politieke party wat vir jare as konserwatiewe struktuur in Duitsland se regering gedien het as vennoot, het later “verdwyn”, maar herrys nou om gereed te maak vir die September verkiesing.

Die Vry Demokratiese Party (FDP) wat voorheen ’n berigheidsvriendelike party was maak gereed om weer deel te neem aan die verkiesing in Duitsland.

Die party het voorheen ’n natuurlike aansluiting gevind as konserwatiewes by die regerende middelregse partye.

Die partyleier, Christian Lindner, en sy senior ondersteuners het saamgekom om die verkiesingsveldtog te beplan nadat hulle die politieke toneel verlaat het in 2013.

Gedurende die afgelope drie jaar het die party ’n wakende oog gehou oor gebeure op politieke gebied en die foute van die regeerders waargeneem, maar wil nou terugkeer om ’n positiewe bydrae te maak.

Politieke waarnemers in Duitsland sê die Vry Demokrate het hulle invloed verloor met die heengaan van twee van sy leiers en sit nou met onervare leiers wat nie die mas sal opkom nie.

Foto – Christian Lindner