Varksnoet ook “haatmisdaad”

Die varksnoet en bloed wat buite moskee in Simonstad gevind is, word nou as ‘n haatmisdaad beskryf deur die moslem juridiese raad.

Die moslemgemeenskap se regte is deur die gebaar te na gekom en die daad moet as ‘n haatmisdaad verklaar word, eis hulle nou.

Plaasmoorde vind sedert 1994 op ‘n gereelde basis plaas en word deur die owerhede en SAPD as “gewone misdaad” beskou.

Dit wil voorkom of die Afrikaner die enigste bevolkingsgroep is wie se regte nooit deur moorde en beledigings geskend word nie. Kenners wys daarop dat dit ‘n vertrapping van die sogenaamde grondwetlike beskermde gelyke regte vir almal is.