Vanrhynsdorp beleef stormwinde

Die Namakwalandse dorpie Vanrhynsdorp het erge winde en reën neerslae gister beleef.

‘n Vulstasie se dak het afgewaai en verskeie bome en kragpale het omgewaai.

Welkome neerslae van tussen 7 en 10mm is aangeteken wat ‘n groot verligting is vir die skaapboere in die omgewing, want damme het weer water en vee kan weer vars water geniet.