Trump waarsku Toyota base

Die nuutverkose president van Amerika, Donald Trump, het die Japanese motorvervaardiger, Toyota gewaarsku teen hulle plan om ’n aanleg op te rig in die buurstaat Mexiko.

Trump het die Toyota vervaardiger gewaarsku dat so ’n stap kan lei tot strafmaatreëls met invoer en uitvoer tariewe op hul produkte.

Die implikasie van so ’n maatreël kan Toyota se handel met die VSA dramaties beïnvloed indien hulle nie sou gehoor gee aan Trump se waarskuwing nie.

Trump het gesê Toyota moet sy beplande aanleg in Amerika oprig of anders sal hoë invoer tariewe van toepassing gemaak word.

Vroeër het Ford positief gereageer en sy beplande aanleg in Meksiko gekanselleer om die bestaande aanleg in die VSA te vergroot sodat meer Amerikaanse werkers tot die arbeidsmark kan toetree.

Toyota het beplan om ’n fabriek op te rig in Meksiko waar Corolla motors vervaardig sal word vir die Amerikaanse mark, en het juis die buurstaat geïdentifiseer weens die lae arbeidskoste teenoor dit wat in die VSA van toepassing is.

Trump het vroeër ook die General Motor vervaardiger gewaarsku om nie ’n buitelandse fabriek op te rig nie, aangesien hoër invoer tariewe van toepassing sal wees.