Trump stem saam oor Russiese inmenging

Die toekomstige president van Amerika, Donald Trump, se benoemde Hoof van Ampte, Reince Priebus, sê hy stem saam dat Rusland betrokke was by die Demokrate se netwerk.

Trump het ook onderneem om maatreëls ingestel te kry om soortgelyke gebeure tydens verkiesings van die toekoms te voorkom.

Vroeër het Trump gesê hy is nie oortuig dat die manipulasie deur Rusland was nie en bygevoeg dat enige land of enige persoon so ’n daad kon verrig.

Trump se mening dat die manipulasie geen invloed het op die aantal stemme wat die kandidate gekry het, word ook deur die intelligensiediens erken.

Die Russe se inmenging behels die feit dat Clinton se e-posse uiteindelik in die openbaar gelees kon word, wat haar klaarblyklik benadeel het in die verkiesing.

Die e-posse was blykbaar beskikbaar omdat Clinton haar persoonlike rekenaar gebruik het om vertroulike inligting te versprei tydens haar ampstermyn as minister.