Trump skoonseun word senior adviseur

Die nuwe president van Amerika, wat op 20 Januarie beëdig word, het aangekondig dat sy skoonseun, Jared Kushner, benoem is as senior adviseur en geen vergoeding ontvang nie.

Alhoewel die linkse media ’n flou poging wou aanwend om Trump van nepotisme te beskuldig, is die leuen te deursigtig aangesien die jong sakeman geen vergoeding sal ontvang nie.

Jared Kushner (36) sal veral advies gee oor binnelandse en buitelandse beleid, en veral oor Midde-Ooste en handelsverdrae advies bied.

Aangesien mevrou Melanie Trump eers in Julie na die Wit Huis kan verskuif, sal sy dogter Ivanka (eggenote van Jared Kushner) as “Eerste Dame” haar intrek neem in die Wit Huis.

Ivanka sal ook haar modeontwerpers onderneming laat vaar om in waardigheid haar vader Donald by te staan tot Melanie haar intrek neem.

Die wet bepaal dat familie nie in poste aangestel kan word nie, maar wanneer hulle dienste gratis gelewer word, is dit geensins nepotisme nie.

Die linkse Hillary Clinton het destyds haar man, oud-president Bill Clinton op soortgelyke wyse betrek.

Jared Kushner was volgens die Trump-span, een van sy skoonvader se belangrikste adviseurs gedurende die verkiesingsveldtog alhoewel hy geen ervaring het van die politieke terrein nie.

Intussen het die linkse Demokrate aangekondig dat ondersoek gedoen moet word na Kushner se aanstelling wat na hulle mening nepotisme kan wees.

Foto – Jared Kushner en sy vrou Ivanka saam met Donald Trump