Trump roep alle ambassadeurs terug

Die nuwe president van Amerika, Donald Trump, word op 20 Januarie ingestel as president van die land, en het reeds kennis gegee dat alle ambassadeurs teruggeroep word na die VSA.

Die ambassadeurs wat politieke aanstellings is, moet hulle poste ontruim op 20 Januarie en terugkeer na Amerika.

Die inligting is deur die New York Times vrygestel op basis van ’n dokument wat glo deur Donald Trump opgestel is.

Trump het die beleid wat tot hede gegeld het, ge├»gnoreer wat neergel├¬ is om Ambassadeurs nie terug te roep solank die persoon se kinders nog skoolgaan en binne ’n skooljaar is nie.

Trump het glo kennis gegee dat alle politieke aanstellings as ambassadeur op 20 Januarie, wanneer hy in die amp van president ingesweer word, hulle uit hul poste te ontruim en terug te keer na Amerika.

Kenners wys daarop dat Donald Trump vasbeslote is om enige persoon wat deur Barack Obama aangestel is, te vervang met iemand wat die Republikeine ondersteun.