Trump laat Ford positief reageer

Die Ford motorvervaardiger van Amerika het sy planne laat vaar om ’n fabriek te bou in San Luis Potosi in Mexiko.

Die optrede volg nadat verkose president Donald Trump sy invloed laat geld het toe hy gesê het die motorvervaardigers moet nie in ander lande fabrieke oprig nie, maar eerder uitbreidings aangaan in Amerika.

Die standpunt bevorder presies wat Trump wil bereik, naamlik om meer werksgeleenthede vir Amerikaners te skep.

Alhoewel Trump die opmerking gemaak het om General Motors aan te spreek, het die Ford vervaardigers gehoor gegee aan die oproep.

Ford gaan nou 700 miljoen dollar aan uitbreidings spandeer by sy bestaande aanleg in Flat Rock, in die deelstaat Michigan.

Die Ford aanleg wat vergroot word sal sowat 700 nuwe werksgeleenthede skep en sal daarmee presies laat gebeur wat die nuutverkose president wil bereik.

Met die uitbreidings wat op plaaslike vlak gedoen word, bevoordeel dit ook die staat aangesien nuwe werkers ook belastings betaal wat tot voordeel van die Amerikaanse ekonomie sal wees.

Ford sou sowat $1,5 biljoen spandeer het om die nuwe fabriek in Mexiko op te rig en daarmee honderde werksgeleenthede vir Amerikaners ontsê het.

Foto – Model T Ford