Trump klap Intelligensie onderstebo

Die leuen dat Hillary Clinton benadeel is in die presidentsverkiesing van Amerika, duur voort en word selfs gerugsteun deur die twyfelagtige stellings van die Amerikaanse intelligensiedienste.

Donald Trump het op Twitter gesê “die beweerde inmenging van Rusland het geen uitwerking gehad op die verkiesing se uiteindelike resultaat nie”.

Trump het dit gesê nadat die Intelligensiediens se hoofde ’n inligtingsessie met Trump gehad het waartydens hulle sekere feite aan hom bekend gemaak het oor die beweerde kaping.

Trump sê dit is duidelik dat die linkses met ’n “heksejag” besig is, en kenners wys daarop dat Rusland die skurk gemaak word terwyl daar geen bewyse bestaan dat die inmengery wel deur hulle gedoen is nie.

Trump het herhaal dat dit moontlik die Sjinese of enige iemand anders kon wees wat ingemeng het.

Na die gesprek gevoer is tussen Trump en die Intelligensiediens se hoofde, het die nuutverkose president ’n ongeklassifiseerde dokument van die ondersoekers oor die beweerde inmengery versprei.

Trump het daarby gevoeg dat dit duidelik na vore gekom het die “inmengery het geen uitwerking gehad op die verkiesing of die stemtotale nie”.

Politieke ontleders sê die linkses in Amerika, waarby CNN ingevoeg is, probeer die nederlaag van Clinton wegpraat en die skuld op Rusland pak, terwyl niemand beweer het dat die inmengery ’n invloed gehad het op die stemtotaal nie.

Die linkse aanslag is juis bedoel om Donald Trump te beskuldig van ’n Russiese komplot en dat sy verkiesing ongrondwetlik is.

Dit is duidelik dat die intelligensiedienste geen bewyse kon lewer dat die inmengery, wie dit ook al kon wees, geen toegang gehad het tot die stembriewe of daarmee gepeuter het nie.

Trump het in ’n geskrewe verklaring gesê alle moontlike twyfel oor die regsgeldigheid van sy verkiesing as president van Amerika, is finaal uit die weg geruim.

Hoewel Rusland, Sjina, ander lande, buitelandse groepe en mense probeer het om die verkiesing, asook ons organisasies en bedrywe, wil ontwrig, waaronder die Demokrate se stelsel, het dit geen effek gehad op die uitslag van die verkiesing nie, het Trump gesê.

Die Intelligensiediens kon geen teenargumente opper teen Trump se standpunt nie, en daarmee het hy die Intelligensiediens finaal oorwin in die debat oor inmenging in die verkiesing.