Taiwan terg Sjina met Amerika-besoek

Die president van Taiwan het aangekondig dat sy ’n besoek bring aan Sentraal Amerika, maar kon nie ’n afspraak kry om Donald Trump te ontmoet nie.

President Tsai Ing-wen het vroeër telefonies gesprek gevoer met die nuutverkose president van Amerika, en wou ’n ontmoeting reël met hom op haar nege dae toer in die twee Amerikas.

Om oortreding van enige protokol te vermy, het Donald Trump die wyse stap geneem deur te sê dat so ’n ontmoeting voor sy amptelike instelling as president, ietwat ongeleë en voortydig sal wees.

President Tsai Ing-wen het Saterdag haar reis na Amerika begin om ook besoek te bring aan Sentraal Amerika met die doel om haar land se betrekkinge met ander state te verbeter.

Taiwan weier om ondergeskik te wees aan die Sjinese eis dat die eiland deel van die “Een-Sjina” siening van die Kommunistiese staat is.

Die spanning het verhoog tussen Sjina en Taiwan toe sy ’n spesiale telefoniese oproep gemaak het om Trump geluk te wens met sy oorwinning.

Beijing het Amerika versoek om die Taiwannese president nie enige landingsregte te gee nie, maar dit blyk dat die VSA nie aan die versoek voldoen het nie.

Intussen het die Taiwannese minister, Javier Hou, gesê die ministerie wil reëlings tref om ’n ontmoeting te kry met lede van die Amerikaanse Kongres en daarmee verby die bestaande protokol beweeg.

Die protokol wat tans geld, is reeds vir ’n paar dekades van krag nadat Sjina daarop aangedring het dat lande slegs met die Taiwanse regering kan skakel via Sjina.