Raaiselagtige radioflitse uit buitenste ruimte

Kort, kragtige radio seine, is pas deur wetenskaplikes opgevang wat afkomstig is uit die buitenste ruimte, en kon aanvanklik nie verklaar word nie.

Na deeglike navorsing gedoen is, het wetenskaplikes vasgestel wat die herkoms is van die raaiselagtige bevinding.

Die herkoms is glo iets wat ’n klein sterrestelsel van 3 miljard ligjare weg veroorsaak het, maar wat nog nie verklaar kan word nie.

Die radio seine wat ontvang is, was helder en duidelik hoorbaar, maar wat dit veroorsaak het, bly ’n raaisel wat klaarblyklik nie gou opgelos sal word nie, veral omdat die so vêr van die aarde ontstaan het.

Die flitse duur een duisendste van ’n sekonde, en is glo so kragtig dat dit in daardie kort tyd net soveel energie uitstoot as wat die son in 10,000 jaar vrystel.

Die belangrikste vraag is wat die sein veroorsaak, en waarom word die kort flits na sowat 10 sekondes herhaal.