Perde en donkies gehok

Perde en donkies mag tot verdere kennisgewing nie in die Kuruman-omgewing vervoer word nie.

Dit volg nadat ‘n voorval van Afrika Perdesiekte in Kuruman aangemeld is, en die Noord-Kaapse departement van Landbou ‘n kwarantyn-kennisgewing vir perde en donkies uitgereik het.

Die kwarantyn beperk die beweging van diere binne ‘n 30 kilometer radius van Kuruman. Eienaars word ook aangemoedig om hulle diere in te ent.