Op die volksakker – Seuns van die leuen?

Die media rapporteer wyd oor verskeie Zuma-uitsprake van die afgelope naweek.

Die omvang van selfbedrog, selfverheerliking en ´n verblindende selfvertroue waardeur die ANC-leierskap die werklikhede van korrupsie, stagnerende dienslewering en ´n wankelende ekonomie ontken, het nie teleurgestel nie.

Verder is die media vol van reaksies deur meningsvormers, ontledings deur kundiges (en minder kundiges).  En op die oog af is daar heelwat konstruktiewe voorstelle gewees op die ANC se misleidende prentjie.

Maar te midde van hierdie reaksies en krities-ontledende vrae, vind ons die grootste teleurstelling: bykans geen woord van skok, afkeur of kritiek nie!

Tydens verrigtinge op Vrydag 8 Januarie uiter Zuma sy gebruiklike lasteropmerking oor die verwagte duur van die ANC-regering.

Maar hy gaan verder, en smalend vergelyk hy die ontstaan van die ANC met die koms van ons Saligmaker.  Dit sal baie tot swye te skok: nogtans móét ons hierteen beswaar maak.

Dit is deel van ons roeping om op te staan vir die eer van God – nie omdat ons as mense nodig is om Sy majesteit en eer te verdedig nie, máár omdat ons geroep word om Sý Naam te bely voor die wêreld – ook, dalk verál, in afkeur van blatante laster.

Die naas-grootste teleurstelling is om te let op die geledere van swygsames.  Diegene wat hoog opgee om ons – ´n Christelike volk – se belange te verteenwoordig, verkies stilte eerder as teregwysing, verkies mense se oplossings (as teenvoeter vir aangekondigde vergrype) eerder as geloofsvertroue in die werk na oplossings.

Wie gaan ons volg in ons soeke na vryheid – die seuns van die leuen, hetsy die een wat laster of die een wat dit gelate aanvaar?