ObamaCare sal herroep word

Die toekomstige visepresident van Amerika, Senator Mike Pence, het in ’n media onderhoud die redes aangevoer waarom die Republikeinse Party die herroeping van die omstrede gesondheidsplan, ObamaCare, heel eerste aandag sal kry.

Hy sê die herroeping van Obamacare is op die hoogste prioriteitslys en sal vervang word met ’n veel beter gesondheidsprojek vir alle Amerikaners.

Die omstrede plan van Obama was hoofsaaklik toegespits op hulp vir die Afro-Amerikaanse inwoners en het klaaglik misluk.

Senator Pence het beklemtoon dat die Republikeine hulle sal hou by die verkiesingsbelofte om ObamaCare te herroep en daarna iets beter in plek te stel wat vir alle Amerikaners van waarde sal wees.

Hy het onderneem om die eerste klanke nog hierdie week te maak in die Amerikaanse Kongres in Washington.

ObamaCare het nooit behoorlik van die grond gekom nie, en word toegeskryf aan die swak strukturele bestel daarvan wat nie die nodige aandag gekry het nie.

Die plan, wat niks anders as ’n versekeringsplan is nie, se premies sou vanjaar met minstens 25% moes styg terwyl die dienste nie aan die verwagtinge voldoen het nie.

Met die vergrote meerderheid in die Amerikaanse Senaat, sal die ObamaCare gou herroep word, en kundiges is reeds besig om ’n alternatiewe plan op te stel ter vervanging van die plan wat klaarblyklik bedoel was om ook Obama se naam te “verewig”.

Foto – Senatore Mike Pence en Paul Ryan