Obama kry hewige kritiek

Die Amerikaanse Huis van Afgevaardigdes het Vrydag ’n resolusie aangeneem waarin die Verenigde Nasies se resolusie oor Israelse uitbreidings in die Wesbank gebied veroordeel word,  ook skerp gekritiseer en veroordeel is.

Die aanvaarding van die Amerikaanse Huis van Afgevaardigdes se resolusie word allerweë beskou as een van die hardste klappe wat die Obama regering nog gekry het vir hulle swak optrede in buitelandse betrekkinge.

Die Huis van Afgevaardigdes het die resolusie met 342 stemme teen 80 aanvaar, wat aandui dat Obama se eie lede grotendeels teen die swak optrede van John Kerry en Barack Obama gekant is.

Die Obama regering het toegelaat dat die VN die resolusie aanneem deur nie van sy vetoreg gebruik te maak nie, wat die Israelse regering woedend laat reageer het omdat sy bondgenootskap met die VSA daardeur ernstig geskaad is.

Obama het die optrede toegepas in ’n poging om toekomstige betrekkinge met ander lande vir die Trump-regering te bemoeilik, maar kenners meen dit het eerder ’n beeld van Obama se bedenklike integriteit na vore gebring.

Foto – Senator Paul Ryan