Nog ‘n reënboog tot niet?

Suid-Afrika se grootste hoenderprodusent, Rainbow Chicken, is tans besig met die herstrukturering van hul besigheid.

Volgens berigte gaan RCL Foods vyftien van hul vyf-en-twintig plase verkoop om kop  bo water te hou.  Dit volg na jare se stryd teen die storting van ingevoerde hoenders.  Meer as 1 350 werkers sal teen die einde van Januarie 2017 hul werk verloor by RCL.

Dit is egter nie die enigste produsent wat moeilikheid ondervind nie.  In Pietersburg is Mike’s Chickens reeds gesluit en Country Bird in die Vrystaat en Wes-Transvaal het  reeds 1 500 werkers afgelê.

Meer as 53 000 ton hoendervleis is in 2016 ingevoer aldus die SA Hoender produsente organisasie. Meeste invoere geskied vanuit Brasilië  en die VSA.