Meer vervaardigers volg Trump advies

Dit is nie net die Ford motorvervaardiger wat na die nuutverkose president van Amerika luister nie, maar een na die ander vervaardiger in die bedryf besluit nou om uitbreidings in die VSA aan te gaan.

Die jongste voorval het die Italiaans-Amerikaanse vervaardiger Fiat-Chrysler ook besluit om nie ’n aanleg in Meksiko op te rig nie, maar wel uitbreidings aan te gaan by die Amerikaanse aanleg.

Met die beplande uitbreidings sal Fiat-Chrysler ’n bykomende 2 000 nuwe werksgeleenthede skep, wat presies in lyn is met Trump se belofte van meer werksgeleenthede vir Amerikaners.

Aanvanklik sou General Motors ’n aanleg in Meksiko oprig, maar Donald Trump het gewaarsku dat invoertariewe op voertuie vanaf die aanleg so hoog sal wees dat dit onekonomies sal wees.

Ford het kort daarna aangekondig dat hy sy aanleg gaan vergroot en nie na Meksiko sal uitbrei nie.

Ook die Japanese vervaardiger Toyota moes kennis neem van Trump se waarskuwing, en het nog nie daarop gereageer nie.

Kenners meen Trump het meer werksgeleenthede in die afgelope maand geskep as wat die Obama-regering in agt jaar kon uitrig.

Fiat het later ontken dat Trump hulle besluit beïnvloed het, maar kenners meen dit is ’n verskoning wat te laat geopper is aangesien elke regdenkende weet dat Trump wel die besluit beïnvloed het, word gesê.

Foto – Chrysler