Kapitaalinvloei neem af

Suid-Afrika as ʼn ontwikkelende land is baie afhanklik van buitelandse kapitaal wat moet bydra tot ekonomiese ontwikkeling en ondersteuning van die land se handelsrekening as daar tekorte is.

Die kapitaalinvloei na ontwikkelende lande het die afgelope jare afgeneem as gevolg van die wêreldekonomie se insinking en Suid-Afrika het ook deurgeloop. Die kapitaalinvloei uit die buiteland vir 2016 was nie veel beter as in 2015 nie en alhoewel dit net meer as $12-miljard is, vergelyk dit swak met die invloei van 2008.

Die land verkies langtermynkapitaal vir sy ekonomiese ontwikkeling en ook bystand as die handelsrekening ʼn tekort toon en die kapitaalinvloei stel teleur. Buitelandse beleggings in effekte, wat leningskapitaal is, presteer beter maar is ook besig om af te neem.

Die planne wat die nuwe VSA president vir die ekonomiese groei vir sy land het, tesame met verlede maand se VSA rentekoersverhoging en nog meer wat verwag word, sal kapitaal invloei na die VSA aantrek en is slegte nuus vir ontwikkelende land soos Suid-Afrika.