Kalkbaai Moskee loop ook deur

Nog ‘n moskee in Kaapstad het deurgeloop onder vandale.  Die moskee in Kalkbaai se mure en preekstoel is met bloed bespat.

Dit volg na die voorval in Simonstad se moskee waar ‘n varksnoet voor die deur geplaas is en sogenaamde heilige geskrifte is beskadig.

Die Wes-Kaapse DA-premier, Helen Zille, het haar steun aan die Moslem-gemeenskap toegesê en gepleit vir verdraagsaamheid.