Johannesburg metrolede gevang

Drie metropolisielede van die Sandton lisensie afdeling en vier van die Martindale lisensie afdeling is deur die Valke gearresteer.

In totaal is 106 amptenare is geïdentifiseer in verband met sake van korrupsie, en sal binnekort gearresteer word.   Meer as R14 miljoen is betrokke by 972 transaksies.

Volgens berigte is daar landswyd meer as R155 miljoen betrokke by korrupte transaksies by lisensie owerhede.

Padongelukke se groot oorsaak kan dalk hier gesoek word waar persone voertuiglisensies bekom sonder dat hul in staat is om ‘n voertuig te bestuur. Ook motoriste wat omkoopgeld betaal nadat hulle ernstige oortredings begaan het, kry hierdeur die indruk dat hulle met hulle wangedrag op die pad kan voortgaan, met dikwels noodlottige gevolge.