Insake die mening: “Steun Afrisake die ANC regering”

Elkeen van die munisipaliteite waar die krag afgeskakel sou word het ook witmense in. Hulle betaal hulle rekening getrou.

Frik Stander se mening is kwaadwillig (ek weet nie of dit doelbewus is of nie).

Danksy die klomp ja stemmers is ons meestal by verre ‘n minderheid mense in die gebiede. Wat Frik Stander kan begin doen is om die name en skakel besonderhede van die raadslede van die munisipaliteite beskikbaar te stel. Dan kan ons hulle mal bel en hulle vertel hoe nutteloos hulle is, ensovoorts.

Danie Schoeman