Gesondheidsvoertuie gekaap

Sekere gebiede in Natal sal sonder gesondheidsdienste moet klaarkom as die kaping van departementele voertuie nie gestop kan word nie.

Dit aldus die hoof van gesondheid in Natal, dr Dhlomo.

Agtien voertuie is die afgelope 9 maande gekaap aan die Natalse Noordkus.

Dit is nie net Donald Trump wat mure wil oprig nie want die Natalse regering het R90 miljoen bewillig om sementblokke te plaas tussen  die republiek en die Mosambiekse grens wat 80km beslaan. Dit bly egter ‘n ope vraag hoe lank die blokke daar sal bly staan.