Duitsland bekommerd oor Russiese inmenging

Die Duitse owerheid kyk met noukeurigheid na die moontlikheid van Russiese inmenging in die land se verkiesing van September.

Dit volg nadat die Amerikaanse Intelligensiediens bevind het dat Rusland wel ingemeng het in die rekenaars van die Demokratiese Party in Amerika en van die omstrede e-posse in die openbaar bekend gemaak het.

Duitsland wil maatreëls instel om nie moontlikheid van destabilisering van die verkiesing te voorkom aangesien dit bekend is dat kanselier Merkel en Rusland nie langs dieselfde vuur sit nie.

Die inligting is bekendgemaak deur die regering se woordvoerder, Steffen Seibert, wat ook benadruk het dat Duitsland alle moontlike middele sal instel om die verspreiding van vals inligting op die Internet teen te staan.

Die regerende koalisie van kanselier Angela Merkel het rede tot kommer vir die komende verkiesing aangesien die regse Alternatief vir Duitsland groot steun verwerf het die afgelope jaar.

Intussen het Duitse gesaghebbendes bevestig dat ’n kaping in Desember plaasgevind het in die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa wat glo ooreenkom met die gebeure in die Duitse parlement gedurende 2015.

Bondskanselier Angela Merkel is een van Europa se sterk leiers en is bekend daarvoor dat sy nie huiwer om kritiek uit te spreek oor Russiese optrede nie.

Foto – Kanselier Angela Merkel